Local NewsNewsUpdate

Wiers-moordsaak hervat eers Woensdag

Rolf Wiers en sy gesin moes vanoggend vir die soveelste keer hoor, die saak waarin Frans Maela voorkom vir die moord op hul vrou en ma, Tanya, is uitgestel.

POLOKWANE – Tanya is op 7 Februarie 2017 wreed in hul huis vermoor en die verhoor sou reeds in September 2018 plaasvind, maar is uitgestel aangesien die beskuldigde se regspan nie gereed was nie.

Die volgende datum was 13 Mei, maar reeds voor die hofprosedures begin het, is die familie en ander getuies in kennis gestel dat die saak weer uitgestel moet word aangesien ‘n staatsprokureur nog nie aangestel is om namens die beskuldigde op te tree nie.

Lees meer: Wiers-moordsaak hervat: Rolf hoop vir geregtigheid (klank)

https://www.citizen.co.za/review-online/303237/wiers-moordsaak-hervat-rolf-hoop-vir-geregtigheid/

Die familie se teleurstelling was duidelik sigbaar en Rolf het sy ontevredenheid oor die stand van sake uitgespreek.

“Dit is ‘n teleurstelling dat die beskuldigde se regspan weereens nie gereed was vir die saak nie. Dit is ‘n moordsaak, nie iemand wat ‘n sjokolade uit ‘n kafee uit gesteel het nie.”

Die saak word Woensdag voortgesit en Wiers vertel dat die regter, Gerrit Muller, bevestig het dat die saak nou afgehandel moet word.
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button