Local NewsNews

Redenaars en Dans Eisteddfod dié week in die stad

Die Limpopo Eisteddfod se dans- en redenaarskompetisies is vanjaar vervroeg na Mei. Dit word aanstaande week aangebied.

POLOKWANE – Die redenaars vind plaas op Dinsdag, 14 Mei vanaf 07:45 by die gemeentesentrum van die APK Gemeente in Diemeerstraat. Die beoordeling word deur die bekende ATKV beoordelaar, Anet Law van Naboomspruit, gedoen.

Die danskompetisies word gehou op Donderdag, 16 Mei, vanaf 12:45 by Oosskool se saal. Hulle sal beoordeel word deur die bekwame eienaar van twee dansateljees in Kemptonpark, Elanie le Roux.

Anet Law.

Anet is wel bekend in redenaarskringe landswyd. “Dis my passie om kinders te leer dat die beoefening van die redenaarskuns, ‘n lewenslange impak op hul ontwikkeling kan maak. Dit is meer as net ‘n handige vaardigheid. Dit is ‘n noodsaaklike deel van ‘n kind se ontwikkeling.”

Anet is reeds sedert 1996 betrokke by die ATKV met haar opleiding as redenaarsbeoordelaar. Sy woon elke drie tot vier jaar opskerpingskursusse by, om tred te hou met nuwe ontwikkelings en denkrigtings.

“Ek is ook intensief betrokke by afrigting van redenaars en dramaleerlinge. Ek is behulpsaam met die skryf van toesprake vanaf 1995 tot 2008 en sedert 1995 tree ek elke jaar op as beoordelaar van redenaarskompetisies by verskillende plaaslike skole in my omgewing.”

Elanie le Roux.

Elanie het reeds op die ouderdom van vier begin dans onder leiding van Marilyn Gush. Daarna het sy begin dans onder leiding van Monique McCord waar sy afrigting in ballet, klopdans, moderne dans, hip-hop, jazz, kontemporêre dans, horton en sport-akrobatiese oefening.

“Ek het verskeie musiek videos op geneem en korporatiewe funksies gedoen, asook in 2015 en 2017 die revue van Hoërskool Pietersburg gekoördineer. Ek’t aan verskeie kompetisies nasionaal en internasionaal deelgeneem en het 11 jaar se dans-onderwys ondervinding. Ek is die stigter, eienaar en hoof onderwyser van Dance 2 Express Studios in Kempton Park.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button