Local NewsNews

[KYK] Tiwhan se Moedersdag-bederf

Review het met die 12-jarige Tiwhan Botha gesels om te hoor hoe ander jongmense kolwyntjies vir hul ma's vir Moedersdag kan versier.

POLOKWANE – Vra enige ma en sy sal vir jou sê; iets wat deur haar kind handgemaak is, vir haar soveel meer spesiaal is as iets wat in ‘n winkel gekoop is.

Review het met die 12-jarige Tiwhan Botha gesels om te hoor hoe ander jongmense kolwyntjies vir hul ma’s vir Moedersdag kan versier. Tiwhan vertel hy het ongeveer twee jaar gelede sy avonture in die kombuis begin en geniet dit vreeslik.

“Die moeilikste projek wat ek al in die kombuis aangepak het, was om ‘n eenhoring-koek uit kolwyntjies te maak. My gunsteling dis om te maak. is burgers.”

Hy beoog om in ‘n mediese rigting te studeer, maar om nie van sy kosmaak-stokperdjie af te sien nie.

“Ek sal daarvan hou om kosmaak as vak te neem op skool. Ek wil graag goed doen op skool, sodat ek ‘n beurs kan kry om te gaan studeer.”

Hy het al voorheen vir sy ma, Lize Botha, ‘n koek vir haar verjaarsdag gebak. Hy noem sy ouma, Freda Nieman, is sy mentor in die kombuis. Wanneer hy die bestandele het maak hy gereeld kos in die huis.

Kyk hier hoe hy ‘n kolwyntjie versier vir Moedersdag:

marehta@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button