Local NewsNews

Jy is waardig om ‘n kroon te dra

Dikwels sukkel ons as vroue met ons selfbeeld en om waardig te voel. Tydens 'n ma-en -dogter glansaand kom spreek sanger en motiveringspreker Cordelia, vroue vanaand toe oor die feit dat hulle waardig is om 'n kroon te dra.

POLOKWANE – “Mens kan uitsien na n onvergeetlike aand wat hoopvol is, uit vergifnis bestaan en dan uitstap met die wete dat jy ‘n skeppingsdoel het,” vertel sy.

Cordelia vertel sy het reeds op die ouderdom van vier jaar al begin sing en met haar hele hart glo dat dit God se droom vir haar is.

“Ek is nog altyd lief daarvoor en sal graag so lank as wat ek lewe wil sing. Ek skryf en sing my eie liedjies, asook ander liedjieskrywers se liedjies.”

Haar inspirasie kom van die lewe af. “Die lewe inspireer my, maar bo alles inspireer God se liefde vir ons mense my. Jesus se voorbeeld as mens op aarde, inspireer my elke dag.”

Cordelia se jongmenslewe was ‘n lewe met ‘n warboel van emosies, nadat sy op ‘n baie vroeë ouderdom uitgevind het sy is aangeneem. Haar raad aan ander jongmense wat sukkel om vrede te maak met hul verlede, is om op te kyk Hemel toe.

“Elke persoon ervaar dit anders, maar God se liefde is getrou. As jy vashou aan vergifnis kan jy alle seer, verwerping en wat ookal die lewe na jou kant toe gooi, oorkom. Dit is nie maklik om vergifnis te kies nie, maar dit is verseker ‘n besluit waarop God jou sal beloon.”

Cordelia is te sien by die Moedersdag Ma en Dogter Glansgeleentheid op Vrydagaand om 18:00 by Taberna Dei Oos-kampus, Bekkerstraat.

Vir meer inligting kontak Lizanie by 079 492 9533.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button