Bulletjies bult spiere tydens kragmeting

Die jaarlikse BB Ford Bulletjie- en AON Mini-netbaldag wat deur Pietersburg Laerskool aangebied word, is Saterdag goed ondersteun. Die dag is op die velde van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied en 1 054 bulletjies en mini-netbalspelers het aan die geleentheid deelgeneem. In totaal is 74 mini-netbalwedstryde en 90 rugbywedstryde vir die dag gespeel. Plaaslike …

Die jaarlikse BB Ford Bulletjie- en AON Mini-netbaldag wat deur Pietersburg Laerskool aangebied word, is Saterdag goed ondersteun.
Die dag is op die velde van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied en 1 054 bulletjies en mini-netbalspelers het aan die geleentheid deelgeneem. In totaal is 74 mini-netbalwedstryde en 90 rugbywedstryde vir die dag gespeel.
Plaaslike skole wat deelgeneem het sluit onder andere Pietersburg Laerskool, Laerskool Pietersburg-Oos, Akademie Reformia en Curro Heuwelkruin in terwyl ander spanne van so ver as Musina, Louis Trichardt, Tzaneen en Nylstroom gekom het.
Suidskool het die borge vir hul bydrae bedank om die dag suksesvol te kon aanbied.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Francois Hoogendyk van Akademie Reformia hou sy opponent dop.
Suidskool se Adrian Blanché struikel in die proses om veld te wen.
Oosskoolspeler, Eben Smit, hardloop vir die doellyn.
Jaco Vi­sagie van Suidskool breek deur Oosskool se verdediging.
Suidskool se Dyllann Oosthuizen in aksie.
Nathan Nel van Suidskool op die aanval.
Rikus van Heerden van Oosskool druk ‘n drie.
Tristan Cronjé, Suidskool, probeer sy aanvaller ontduik.
Lafras Holtzhauzen van Suidskool laat waai.
Stiaan van Schalkwyk, Suidskool, op pad doellyn toe.
Zach Jansen van Rensburg van Suidskool gebruik ‘n gaping langs die kantlyn.
Akademie Reformia se Juvan de Beer duik oor die doellyn.
Siyanda Zilimbola van Curro
Heuwelkruin snel langs die kantlyn af.
Henricus Oosthuizen van Suidskool in aksie.
Exit mobile version