NewsSchools
Bulletjies bult spiere tydens kragmeting
Die jaarlikse BB Ford Bulletjie- en AON Mini-netbaldag wat deur Pietersburg Laerskool aangebied word, is Saterdag goed ondersteun. Die dag is op die velde van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied en 1 054 bulletjies en mini-netbalspelers het aan die geleentheid deelgeneem. In totaal is 74 mini-netbalwedstryde en 90 rugbywedstryde vir die dag gespeel. Plaaslike …
Die jaarlikse BB Ford Bulletjie- en AON Mini-netbaldag wat deur Pietersburg Laerskool aangebied word, is Saterdag goed ondersteun.
Die dag is op die velde van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied en 1 054 bulletjies en mini-netbalspelers het aan die geleentheid deelgeneem. In totaal is 74 mini-netbalwedstryde en 90 rugbywedstryde vir die dag gespeel.
Plaaslike skole wat deelgeneem het sluit onder andere Pietersburg Laerskool, Laerskool Pietersburg-Oos, Akademie Reformia en Curro Heuwelkruin in terwyl ander spanne van so ver as Musina, Louis Trichardt, Tzaneen en Nylstroom gekom het.
Suidskool het die borge vir hul bydrae bedank om die dag suksesvol te kon aanbied.
Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com