VIDEO: Leef gesond en hardloop rond, sê Bobby

Vir meer as 20 jaar het Bobby Sacco opgehou met rook en die liefde van sy lewe ontmoet; hardloop.

POLOKWANE – Hy is geen nuweling as dit kom by kompetisies hardloop nie en spog met ‘n verskeidenheid van medaljes in sy versameling van wedrenne, in en buite die stad en provinsie. Hy vertel toe hy begin hardloop het, het hy nie gedink hy sal kan goed doen met die sport na sy gerook nie. “Ek besef vandag en elke dag wat ek hardloop, dat dit jou liggaam skoon maak. Alles kom uit as jy hardloop en dit maak jou liggaam weer sterk en gesond,” vertel Bobby.

Hy het onlangs nog ‘n goue medalje in sy versameling bygevoeg met die Polokwane Mayoral Race, waar hy weer die meesters gewen het.

Bobby vertel buiten hardloop is hy ook baie lief vir loop en sal eerder iewers heen stap as om te ry.

Hy moedig mense, oud en jonk, aan om die sport te begin en om gesond te lewe. “Dis nooit te laat nie en jou ouderdom is net ‘n nommer. Hardloop maak die liggaam en siel gesond,” vertel hy.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version