Local NewsNews

Onnie rand leerder glo aan by skool op Mookgophong

'n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is Donderdag teen 'n laerskoolonderwyser, by die polisie op Mookgophong aanhangig gemaak. 

MOOKGOPHONG – Die saak spruit uit ‘n voorval die vorige aand waarin ‘n 17-jarige leerder van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong buite die skoolkoshuis beseer is.

Die seun se ma, wat ‘n foto van hom na die beweerde voorval op sosiale media geplaas het, het aan Bosveld gesê dis onaanvaarbaar dat haar kind te lyf gegaan is.

Foto: Verskaf

“Die onderwyser het my kind geslaan. Ek as ouer van drie kinders het nog nooit hulle deur die gesig geslaan nie.”

Haar identiteit word weerhou omdat die beweerde slagoffer nie geidentifiseer mag word nie.

Sam Makondo, woordvoerder van die Departement van Onderwys het kommentaar gelewer: “Ons wag nog vir ‘n gedetailleerde verslag van die distrik oor die bewerings, waarna ons ‘n ondersoek sal instel. Dit is belangrik dat ons albei kante van die storie kry om ons in staat te stel om toepaslike stappe te neem.”

Spikkels de Wet, die Skoolhoof van Hoërskool Hans Strijdom, het Bosveld se versoek vir kommentaar van die hand gewys. Hy het gesê hy sal na afloop van die saak kommentaar lewer. Die man wat aangekla word se identiteit word weerhou totdat hy in ‘n hof gepleit het.

Lees volgende week se uitgawe van Bosveld Review vir ‘n volledige berig.

bosjournalist@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button