NewsSchools

Kruinies hou 12de viering van skool se stigting

Die stigtingsdagvieringe van Curro Heuwelkruin word jaarliks deur formaliteite en ook deur goeie wintersport gekenmerk. Vrydag se program het bestaan uit die formele opening van die vieringe sowel as die opening van die nuwe sokkerveld by die skool. Die dag is met goeie samesyn tussen ouers en onderwysers in die biertuin afgesluit. Operasionele hoof, Eben …

Die stigtingsdagvieringe van Curro Heuwelkruin word jaarliks deur formaliteite en ook deur goeie wintersport gekenmerk.
Vrydag se program het bestaan uit die formele opening van die vieringe sowel as die opening van die nuwe sokkerveld by die skool.
Die dag is met goeie samesyn tussen ouers en onderwysers in die biertuin afgesluit.
Operasionele hoof, Eben Lingenfelder, het in sy toespraak na die ontwikkeling van die skoolterrein verwys en gesê vir diegene wat die afgelope 12 jaar deel van die reis was, is dit meer as net geboue en fasiliteite wat verrys het.
“Dit vertel ‘n storie van ‘n handvol manne wat ‘n droom gehad het. Daarom is daar onder ons gaste vandag mense wat hierdie groep ouers verteenwoordig: lede van die Heuwelkruin Onderwysstigting,” het Lingefelder gesê.
Hy het verder gesê stigtingsdag vertel ‘n storie van 12 jaar se leerders wat deur die skool se hekke gestap het en ‘n tiende matriekgroep wat vanjaar hul skoolloopbaan voltooi.
Van die eerste graad 1-klas is daar twee leerders, Marike de Kock en Stefaans Breytenbach, vanjaar in matriek.
Saterdag was Kruinies se terrein ‘n miernes van bedrywighede toe die hoërskoolrugbyspanne teen Hoërskool Merensky uitgedraf het en die laerskoolspanne teen Laerskool Piet Hugo kragte gemeet het.
Die netbalspanne het teen verskeie skole in die provinsie gespeel.
Vyf van die laerskole se netbalspanne, insluitend die eerstespan, het hul wedstryde gewen terwyl al die rugby­spanne vir Piet Hugo oorrompel het.
Tydens die hoërskool rugbywedstryde teen Merensky het Kruinies se eerstespan met ‘n telling van 48-12 die Plasies laat sneuwel,
maar die ander spanne was nie so gelukkig nie en moes met hangskouers die veld verlaat.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Ashden Venter van Kruinies se eerste netbalspan strek om by die bal te kom.
Eerstespanspeler, Summer Shikwane, op die verdediging.
Werner Kotze, o.16, van Kruinies storm op sy opponent af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button