Kleuters wys trots talent tydens Osieteddies-atletiek

Tenspyte van ‘n digte misbank wat Saterdag­oggend vroeg oor die stad gehang het, het kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum nogtans opgewonde gewag om aan hul jaarlikse kleuteratletiek deel te neem. Die jongspan het oudergewoonte aan naellope, skopfietsresies, hekkies en verskeie ander items deelgeneem terwyl ouers hulle luid aangespoor het. Tydens die naellope het ouers by die …

Tenspyte van ‘n digte misbank wat Saterdag­oggend vroeg oor die stad gehang het, het kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum nogtans opgewonde gewag om aan hul jaarlikse kleuteratletiek deel te neem.
Die jongspan het oudergewoonte aan naellope, skopfietsresies, hekkies en verskeie ander items deelgeneem terwyl ouers hulle luid aangespoor het.
Tydens die naellope het ouers by die wenstreep gewag om die wenner in elke item te ontvang of om naby te wees en te troos sodra die trane begin rol het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Reynard van Eijk gee sy beste tot by die wenstreep.
Lené Britz neem die voortou in die 80 m met Nienke Booysen kort op haar hake.
Elzaan Parker hardloop gemaklik.
Exit mobile version