NewsSchools
Kleuters wys trots talent tydens Osieteddies-atletiek
Tenspyte van ‘n digte misbank wat Saterdagoggend vroeg oor die stad gehang het, het kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum nogtans opgewonde gewag om aan hul jaarlikse kleuteratletiek deel te neem. Die jongspan het oudergewoonte aan naellope, skopfietsresies, hekkies en verskeie ander items deelgeneem terwyl ouers hulle luid aangespoor het. Tydens die naellope het ouers by die …
Tenspyte van ‘n digte misbank wat Saterdagoggend vroeg oor die stad gehang het, het kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum nogtans opgewonde gewag om aan hul jaarlikse kleuteratletiek deel te neem.
Die jongspan het oudergewoonte aan naellope, skopfietsresies, hekkies en verskeie ander items deelgeneem terwyl ouers hulle luid aangespoor het.
Tydens die naellope het ouers by die wenstreep gewag om die wenner in elke item te ontvang of om naby te wees en te troos sodra die trane begin rol het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com