NewsSchools

Akademie Reformia bulletjierugby lok spelers van ver

Akademie Reformia was Saterdag die gasheer vir sewe ander skole wat van sover as Musina saamgetrek het om ‘n suksesvolle bulletjierugbydag aan te bied. Die parkeerterrein by die skool was vroeg­oggend reeds oorvol en laatkommers moes tevrede wees om die staptog van Veldspaatstraat met hul opslaanstoele, gazebo’s en koelsakke aan te pak. Skoolhoof Hennie Combrink …

Akademie Reformia was Saterdag die gasheer vir sewe ander skole wat van sover as Musina saamgetrek het om ‘n suksesvolle bulletjierugbydag aan te bied.
Die parkeerterrein by die skool was vroeg­oggend reeds oorvol en laatkommers moes tevrede wees om die staptog van Veldspaatstraat met hul opslaanstoele, gazebo’s en koelsakke aan te pak.
Skoolhoof Hennie Combrink was baie in sy skik met die goeie opkoms.
“Die bulletjies van Pietersburg-Suid, Pieters­burg-Oos, Piet Hugo en Messina laerskole, Mitchell House, Erica Kleuterskool en Euphorbia Christelike Skool het hul beste spel gelewer maar aangesien ons nie tellings aangeteken het nie, kan ek nie sê wie die wenners was nie,” sê Combrink en voeg by dat die doel van die byeenkoms eerder was om ‘n liefde vir die spel aan te wakker.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Ryal Pretorius van Laerskool Pietersburg-Oos haal uit doelpale toe.
‘n Gemengde bulletjiespan het hul oog op die bal.

Related Articles

Back to top button