Conrad maak wonders gebeur, in drie-dimensies

Dikwels by 'n fees loop jy verby 'n stalletjie met plastiek speelgoed, waaroor die kinders gek is. Terwyl jy saam met hulle na die verskillende items kyk, sien jy items raak wat ideaal sal wees vir korporatiewe geskenke of selfs geskenkpakkies by partytjies.

POLOKWANE – Review het met Conrad Espach, eienaar van 3DMiracle gaan gesels om te hoor presies hoe hierdie interessante items gemaak word.

Conrad vertel hy dit as sy stokperdjie beoefen en sy vriend, Gerrie Janse van Nieuwenhuizen hom help met ontwerpe.

“Ons ontwerp alles self. Ons werk met ‘n soort plastiek, wat teen geweldige hoë temperature gesmelt word en dan deur ‘n masjien in 3-D vorms gedruk word. Op die oomblik kan ons net een kleur druk, maar ons kan van die produkte verf,” vertel Conrad.

Die produkte wat hulle maak is uniek en kan vir verskeie geleenthede gebruik word.

“Ons maak drupmatjies spesiaal met jou naam op asook koekiedrukkers en selfs sleutelhouers. Ons kan selfs ‘n pophuis aan mekaar sit.”

Conrad vertel items met baie detail op vat langer en dat dit oor die algemeen ‘n tydsame stokperdjie is.

“Ons geniet dit vreeslik. Ons het ‘n replika van ‘n Ford enjin gemaak en kan selfs ‘n ratkas maak. Ons maak ook ringe en van ons items kan beweeg.”

Hy vertel alhoewel die masjiene wat hulle gebruik nogals duur is, maar dat die plastiek en verf bekostigbaaris. Dus kan hulle die produkte teen goedkoop pryse verkoop.

“Die produkte hou ook vir ewig. Dit is sterk en breek nie maklik nie.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version