Osieteddies wys hul beste op nat dag

Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het Saterdagoggend te midde van ligte reën en koel weer ‘n geslaagde opedag gehou en ouers het die geleentheid gebruik om meer van die klaskamers en geriewe en die leerplanne van die skool te wete te kom. Skoolhoof Linda Kruger sê dat inskrywings vir 2020 reeds Maan­dag geopen het en dat die skool …

Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het Saterdagoggend te midde van ligte reën en koel weer ‘n geslaagde opedag gehou en ouers het die geleentheid gebruik om meer van die klaskamers en geriewe en die leerplanne van die skool te wete te kom.
Skoolhoof Linda Kruger sê dat inskrywings vir 2020 reeds Maan­dag geopen het en dat die skool ‘n maksimum van 120 kleuters kan hanteer.
“Ons raai ouers aan om hul kleuters vroegtydig in te skryf omdat daar ‘n groot behoefte aan kleutersorg is.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Leerkrag Vanessa du Plessis met Bianca Faure en haar kleuter, Chanté.
Anneke Kruger en haar kleuter Mandie stel die speelgoed op die proef.
Exit mobile version