NewsSchools

Kruinies gaan meer leer van tonnelboerdery

Graad 10 tot 12-leerders van Curro Heuwelkruin wat Landbouwetenskappe en Landboubestuurspraktyke as vakke neem, gaan binnekort ‘n geleentheid kry om eerstehandse kennis van tonnelboerderymetodes en -praktyke op te doen nadat ‘n voedselproduksieprojek Vrydag op ‘n onbenutte stuk grond op die skoolterrein van stapel gestuur is. Die terrein waarop die tonnel opgerig gaan word, is vroegoggend …

Graad 10 tot 12-leerders van Curro Heuwelkruin wat Landbouwetenskappe en Landboubestuurspraktyke as vakke neem, gaan binnekort ‘n geleentheid kry om eerstehandse kennis van tonnelboerderymetodes en -praktyke op te doen nadat ‘n voedselproduksieprojek Vrydag op ‘n onbenutte stuk grond op die skoolterrein van stapel gestuur is.
Die terrein waarop die tonnel opgerig gaan word, is vroegoggend met ‘n meganiese stootgraaf en ploeg gelykgemaak en die oprigting van die tonnel sal ongeveer twee maande duur.
Skoolhoof Eben Lingenfelder het verduidelik dat die projek ‘n gesamentlike poging van Farming Against Hunger, Alpha Sand, Marlo Farms, Twilight Enterprises en F&J Garden Services is. “Almal het hul tyd, kennis en hulpbronne bymekaargegooi en die projek het die lig gesien. Die leerders gaan self in die tonnel van
ongeveer 300 m² werk en geleer word hoe om die projek op ‘n werk en dit op ‘n wetenskaplike wyse bestuur. Daar gaan ook ‘n kontrolemodule met konvensionele plantmetodes instandgehou word om opbrengs en resultate te vergelyk,” sê Lingenfelder.
Volgens Clint Montgomery, voorsitter van Farming Against Hunger, lewer ‘n tonnel ongeveer agt keer meer uitsette as konvensionele plantmetodes en gebruik ook baie minder water omdat minder verdamping plaasvind en die temperatuur binne die tonnels beheer kan word. “Hierdie is net die begin en die projek kan maklik gedupliseer word om meer mense wat tans onder voedseltekorte gebuk gaan, te help,” sê Montgomery.
Die groente wat geproduseer word, sal aan Meals on Wheels geskenk word en Montgomery kon nie sê watter gewasse aangeplant gaan word nie, aangesien sekere aspekte van die projek nog nie gefinaliseer is nie. Meals on Wheels beskik oor meer as 1 000 vrywilligers wat jaarliks meer as 26 miljoen etes per jaar aan hulpbehoewendes aflewer.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Curro Heuwekruin hoof Eben Lingenfelder, vierde van links in die eerste ry, met die span wat by die tonnelprojek betrokke is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button