LIMPOPO – Marcelle Maritz, Vryheidsfront Plus leier vertel aan Bosveld, Harm Bonnema (70) lê kritiek in ‘n hospitaal in Pretoria.
Hefty sentences meted out to Marble Hall farm attackers
“Harm is vier keer geskiet tydens die aanval. Die rowers het kort daarna gevlug, moontlik oor hulle een van die werkers gewaar het wat naby die huis woon. Harm se vrou, Susan lei nog aan skok en is vanoggend op pad na Pretoria om Harm in die hospitaal te gaan besoek.”
Volgens die provinsiale polisie, het die aanval op die plaas Elandsdrift buite Marble Hall gebeur.
Bonnema is verskeie kere deur twee onbekende aanvallers geskiet, rondom 18:45.
Hy is afgevoer na die Groblersdal Hospitaal, waarvandaan hy na Pretoria per helikopter geneem is vir mediese behandeling.
Die aanvallers is steeds op vrye voet.
Enige persoon wat inligting het wat na die arrestasie van die skuldiges kan lei, moet die polisie kontak deur die Stop Misdaad Nommer te skakel by 08 600 10111, deur ‘n SMS na die Misdaadlyn te stuur, of deur hulle naaste polisiekantoor te kontak.
Lees die volle berig in vandeesweek se Bosveld Review