CrimeNewsUpdate

Limpopo boer kritiek in hospitaal, na hy vier keer geskiet is

'n Boer is kritiek in die hospitaal, na hy gisteraand in sy huis aangeval en vier keer geskiet is, op sy plaas net buite Marble Hall.

LIMPOPO – Marcelle Maritz, Vryheidsfront Plus leier vertel aan Bosveld,  Harm Bonnema (70) lê kritiek in ‘n hospitaal in Pretoria.

https://www.citizen.co.za/review-online/281560/hefty-sentences-meted-marble-hall-farm-attackers/

“Harm is vier keer geskiet tydens die aanval. Die rowers het kort daarna gevlug, moontlik oor hulle een van die werkers gewaar het wat naby die huis woon. Harm se vrou, Susan lei nog aan skok en is vanoggend op pad na Pretoria om Harm in die hospitaal te gaan besoek.”

Volgens die provinsiale polisie, het die aanval op die plaas Elandsdrift buite Marble Hall gebeur.

Bonnema is verskeie kere deur twee onbekende aanvallers geskiet, rondom 18:45.

Hy is afgevoer na die Groblersdal Hospitaal, waarvandaan hy na Pretoria per helikopter geneem is vir mediese behandeling.

Die aanvallers is steeds op vrye voet.

Enige persoon wat inligting het wat na die arrestasie van die skuldiges kan lei, moet die polisie kontak deur die Stop Misdaad Nommer te skakel by 08 600 10111, deur ‘n SMS na die Misdaadlyn te stuur, of deur hulle naaste polisiekantoor te kontak.

Lees die volle berig in vandeesweek se Bosveld Review

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button