Drie-voetige vriend, kan al die liefde verskaf

Hy is amper ses maande oud en deur sy vorige eienaars oorgegee aan die Polokwane Dierebeskermings Vereniging (DBV).

POLOKWANE – Met sy sagte bruin oë en ‘n stert wat onseker waai, lê en kyk hy na alles wat om hom aangaan. Hy is amper ses maande oud en deur sy vorige eienaars oorgegee aan die Polokwane Dierebeskermings Vereniging (DBV).

Lees meer: Percy Fyfe DBV smeek vir hulp

Op hulle Facebook blad skryf Chantelle Watson die woord ‘imperfect’ eintlik; ‘I’m perfect’ spel, en dat elkeen op hul eie manier perfek is. Die hondjie is gebore met ‘n gebreklike been, wat hulle moes afsit om hom ‘n beter kans op die lewe te gee. Met slegs drie bene, het hy baie liefde om te gee en hou dié gebrek hom nie terug nie.

“Hy is spelerig, met ‘n liefdevolle en sagte persoonlikheid.”

Die DBV het nog nie ‘n naam vir hom nie, en vra lesers om hulle te help dink aan een. Een leser, Liz de Cap het voorgestel hulle noem hom Obi Ogbo; wat hartsvriend beteken. Die hondekind is ‘n Africanis. Hy is beskikbaar vir aanneming, maar streng aannemings reëls geld.

“Hy het ‘n familie nodig wat vir hom baie aandag kan gee. Sy gewig moet dopgehou word en sy mense moet seker maak hy kry al die behandeling, wat hy in die toekoms nodig sal hê.”

Aannemingskoste is slegs R950 en sluit in sterilisasie, ontwurming, ‘n mikroskyfie en ‘n Limpopo K9 Academy geskenkbewys vir basiese gedragsoefening.

Vir meer inligting, kontak die DBV by (015) 291 1088.

maretha@nmgroup.co.za 

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version