Kuns praat met Melanie se siel

Review het met haar gesels tydens die Liefdadigheidsmark wat Saterdag by N.G. Kerk Moedergemeente plaas gevind het.

POLOKWANE – Volgens die HAT is ‘n marionette, ‘n toneelpop wat beweeg deur drade wat aan sy ledemate vasgemaak is. Hierdié pop word beheer deur ‘n poppespeler. By skoue en markte in Limpopo is die poppespeler Melanie Mulder, dikwels te sien met haar marionette en ander kunswerk.

Review het met haar gesels tydens die Liefdadigheidsmark wat Saterdag by N.G. Kerk Moedergemeente plaas gevind het.

Melanie is die trotse eienaar van Bosveld Art, waar sy haar skilderye verkoop.

“Ek is voltyds in die kunswêreld en skou my werke by markte uit. Ek is gek daaroor om wilde diere te skilder. Ek het oor die bobbejaan en die vlakvark gedroom, tot ek hulle geskilder het. Baie van my skilderye doen ek met jik wat met ink gemeng is.”

Sy vertel die diere se siele praat met haar en dat sy heeldag kan sit en skilder.

“Die leeu was moeilik om te skilder, maar om te teken was darem makliker. Wanneer ek met waterverf skilder, neem dit my gewoonlik vier tot vyf dae om ‘n skildery te voltooi. Akrielverf neem omtrent drie weke. Ek doen ook potloodsketse.”

Haar liefde vir kuns het vroeg begin en in haar gr.11 jaar, kry sy ‘n marionet as persent. “Dié marionet het al die jare in my kop bly vassteek. Onlangs het ek besluit om hulle te begin maak. Dit vat tyd, aangesien die houd gesny, verwerk en dan geverf moet word. Al die versierings moet ook bygevoeg word. Al die bene op die wildediere-marionette kan beweeg.”

Sy het ook besluit om ander projekte aan te pak soos die Dammit-Doll en Pebble Pets.

“Pebble Pets is ‘n familie van geverfde klippies, wat jou kan geselskap hou. Die Dammit-Doll is vir daai dae wanneer jy van jou frustrasies ontslae moet raak.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version