Local NewsNews

Eugene, held sonder ‘n mantel

Eugene Schreiber vertel hulle was vir 24 uur nadat die sikloon Mosambiek getref het op bystand, maar die kommunikasie vanaf Mosambiek was baie beperk en hulle het baie daarmee gesukkel.

POLOKWANE – Sikloon Idai het in Maart vir Mosambiek, Malawië, Zimbabwe en Madagaskar in skerwe gehad. Dit was een van die ergste siklone in Afrika en die Suidelike-halfrond. Duisendes gestrand en sonder hoop. Hulp vanaf die buiteland het ingestroom, deel hiervan was bystand van Gift of the Givers.

Lees ook: Cyclone-hit Mozambique fears cholera epidemic

Eugene Schreiber, bekende inwoner van Polokwane, wat tans in Mokopane woon, is reeds vanaf 2010 af deel van dié hulpgroep. Hy vertel hoe hy deel geword het van Gift of the Givers.

“In 2007 was die Soek- en reddingskoördineerder in een van my opleidingsklasse. In 2010 het ek ‘n voorlegging aangebied vir hulle in Bramley, en toe so deel geword van Gift of the Givers.”

Eugene Schreiber saam met sy kinders, Melissa en Elchané. Foto: Facebook.

Hy vertel hulle was vir 24 uur nadat die sikloon Mosambiek getref het op bystand, maar die kommunikasie vanaf Mosambiek was baie beperk en hulle het baie daarmee gesukkel. Vanaf 17 Maart, was hulle op bystand vir Zimbabwe.

“Die Soek- en reddingspan het op Maandag, 18 Maart, bymekaar gekom in Bramley. Hier het ons al die nodige toerusting gepak, sodat ons die middag na Zimbabwe kon vlieg. Ongelukkig kon ons toe eers Dinsdagoggend om 09:30 vlieg.”

Die plan was om na die vermiste persone te gaan soek.

Aangesien daar geen vervoer vanaf Zimbabwe was nie, het die span terug gekeer na Suid-Afrika en op 30 Maart was Eugene weer by sy gesin.

“Die nederigheid van die Zimbabweërs was baie opvallend. Hulle het geen hoop gehad nie, want niemand wou Zimbabwe toe gaan nie. Daar is nog baie mense vermis wat deur die vloede en modder weggespoel is. Dit gaan baie sleg daai kant. Ek dink die slegste is die skool met 39 kinders en een onderwyser wat nog vermis is. Daardie hoop op die mense se gesigte, dat daar ‘n Suid-Afrikaanse Soek- en reddingspan is wat kom help het, was hardroerend. Die ‘baie dankies’ wat deur die gemeenskap gesê was.”

Eugene sluit af deur te vertel dat hulle altyd gereed is om bystand te lewer waar hulle kan.

maretha@nmgroup.co.za 

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button