NewsSchools

Skool staan saam om lewens te red

Pietersburg Laerskool (PLS) se kwartaallikse bloedskenkingskliniek verlede Donderdag het meer as 40 eenhede bloed opgelewer. Die groot opkoms van vrywillige skenkers was te wyte aan doelgerigte pogings wat die hele skoolgemeenskap – ouers, familie, vriende en leerkragte – aangewend het om van die kliniek ‘n sukses te maak. Ipeleng Thetela, skenkerverhoudingsbeampte van die Suid Afrikaanse …

Pietersburg Laerskool (PLS) se kwartaallikse bloedskenkingskliniek verlede Donderdag het meer as 40 eenhede bloed opgelewer.
Die groot opkoms van vrywillige skenkers was te wyte aan doelgerigte pogings wat die hele skoolgemeenskap – ouers, familie, vriende en leerkragte – aangewend het om van die kliniek ‘n sukses te maak.
Ipeleng Thetela, skenkerverhoudingsbeampte van die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het na afloop van die kliniek gesê die skenkings dra daaroe by dat die diens sy provinsiale doelwit doelwit kan bereik. “Ons het ten doel om 32 405 eendhde voor die einde van die finansiele jaar in te samel,” sê sy. Marlize Bezuidenhout, ‘n skenker en ouer van PLS, sê die kliniek was ‘n goeie platform vir hulle om bloed te skenk en lewens te help red. “Hierdie is ‘n belangrike inisatef van die bloeddiens en het gehelp om almal vir ‘n goeie doel byeen te kry.”
Cecille Venter en Joshua Robinson, albei in graad 7, sê hulle sal baie graag wil sien dat die gemeenskap meermale so saamstaan om bloed te skenk. “Ons kan nie wag om oud genoeg te wees en ook aan sulke inisiatiewe te kan deelneem nie. Daar is so baie mense wat bloed nodig het en hulle verdien ons hulp,” sê die twee. Om as bloedskenker te kwalifiseer moet ‘n persoon onder andere tussen 16 en 65 jaar oud wees, minstens 50 kg weeg en ‘n gesonde en verantwoordelike leefstyl handhaaf.

Storie en foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com’

Queen Machaba, flebotomis van die SANBS en PLS leerkrag Marlize Bezuidenhout.
Johanna Machaka, skenkerkoordineerder van die SANBS maak seker dat PLS leerkrag Chantel van der Bank gemaklik is tydens die skenkingsesssie.
Moloko Monama, donateursorgbeampte verseker dat PLS leerkrag Charlotte van der Berg se bloeddruk haar geskik maak om te bloed te skenk.

Related Articles

Back to top button