NewsSchools

Teater of aanlyn? Osies maak hul keuse

'n Fliek op 'n grootskerm, in 'n donker teater klink vir sommiges van ons na pret, terwyl dit vir ander meer aanloklik is om snoesig, onder die komberse, by die huis 'n fliek aanlyn te kyk.

POLOKWANE – Review het met leerders van Laerskool Pietersburg-Oos gaan gesels om te hoor wat hulle verkies.

Jahkuska Zanna: Ek verkies dit om by die mall te gaan kyk. Daar is lekker eetgoed wat jy kan koop saam met jou fliek.
Tiaan Rossouw: Ek sal eerder by die mall wil gaan fliek. Behalwe dat daar ‘n groter skerm is, is die kans goed dat, wanneer ek iets aanlyn kyk, daar iets lelik sal uitkom.
Zoey Ray: Ek sal kies om by die mall te gaan kyk en so kwaliteittyd saam met my vriendinne te spandeer.
Carla Harme: Die skerm by die mall is groter, dit is stiller en die sitplekke is gemaklik.
Isabella van der Merwe: Die mall is vir my lekker, want dit is ‘n ander soort ervaring.
Gere Mommsen: Ek dink om ‘n fliek by jou huis aanlyn te kyk is beter, want dan kan jy beter tyd saam met jou familie spandeer.
Charnel Britz: Ek sal eerder ‘n fliek aanlyn kyk en so saam met my vriende en familie wees.
Logan Strydom: Ek sal aanlyn kyk, want dan hoef jy nie te betaal nie.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

 
Back to top button