Local NewsNews

Begrafnisreëlings: Gert Britz

‘n Jarelange inwoner van Polokwane, Gert Britz, is Vrydag 15 Maart skielik oorlede.

POLOKWANE – ‘Hy was 69 jaar oud. Die familie sou die naweek ‘n familie-byeenkoms in Mpumalanga bywoon. Volgens sy dogter, Marie, het hy, skaars ‘n halfuur nadat hy en sy vrou by die oord waar hulle sou tuisgaan aangekom het, ‘n hartaanval gehad en het hy gesterf.

Hy het jarelank by Enterprise gewerk voordat hy by die staatsdiens aangesluit het, waar hy gewerk het tot met sy aftrede. Gert laat sy vrou, sewe kinders, 23 kleinkinders en 18 agterkleinkinders agter.

Die begrafnisdiens vind Vrydag 22 Maart om 11:00 vanuit die Nuwe Apostoliese kerk in Potgieterlaan plaas.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button