Hoop vir Kinders reik uit

Wanneer ons min het, dink ons nie daaraan om aan minderbevoorregtes te gee nie. Dis makliker om eerder ons hande uit te reik en te vra, asom dit uit te reik en te gee.

POLOKWANE – Kinders wat in Hoop vir Kinders se pleeghuise woon, het besluit om hul hande uit te reik na dié wat minder bevoorreg is. Saterdag het hulle na Tikvah Kleuterskool toe gegaan. Hier het hulle nie net die mure van die skool kleurvol gaan verf nie, maar ook na die tyd saam met die kinders van dié skool partytjie gehou het.


Die hoof van die skool, Sumarie Olivier, vertel dat sy reeds twee jaar al by die skool is. “Die skool groei goed met kleuters uit die omgewing.”

Cindy Kruger, van Hoop vir Kinders, vertel dat die dag suksesvol was.

“Nadat daar geverf is, het almal aan worsbroodjies gesmul en op die waterwurms gespeel. Dit was ‘n baie lekker projek. Ek beoog om deur die vakansie terug te kom en afronding werk te doen, maar die kinders het sommer vinnig klaar gekry met hulle deel.”


maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version