Local NewsNews

Taberna Dei help minderbevoorregtes ‘koop’ by straatwinkel

Taberna Dei hou ‘n straatwinkel op Saterdag, 16 Maart in die parkeerterrein by die Moederkampus, Jorissenstraat

POLOKWANE – Hierdie is ‘n geleentheid waar die behoeftige mense, dié wat nie het nie, verniet kan kom ‘koop’.

Christiaan Gouws, van Taberna Dei sê: “Ons wil elke persoon wat opdaag help met ‘n stel klere, ‘n warm kombers vir die winter, ‘n sakkie met toiletware, sowel as iets om te eet en drink. Maar ons het die gemeenskap se hulp nodig. Julle ou of ongebruikte klere wat nog in ‘n goeie toestand is, is welkom. Kledingstukke soos hemde, broeke, rokke, kouse, baadjies, en selfs skoene is welkom.”

Om vir soveel mense as moontlik te help met onderklere en toiletware word finansiële donasies aangevra, merk donasies as ‘Street Store’.

“Dis ‘n groot taak, maar dit kan ‘n verskil maak wat nie gemeet kan word nie. Om ons te help vra ons dat die klere wat gebring word, skoon en heel sal wees, verkieslik op ‘n hanger en met ‘n kaartjie of plakker gemerk wat die grootte van die kledingstuk aandui,” sê Christiaan.

Vir meer inligting, kontak hom by 082 941 6405.

editor@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button