Taberna Dei hou ‘n straatwinkel op 16 Maart

Taberna Dei vra die gemeenskap om ou of ongebruikte klere wat nog in 'n goeie toestand is te skenk

POLOKWANE – Taberna Dei hou ‘n straatwinkel op Saterdag, 16 Maart in die parkeerterrein by die Moederkampus, Jorissenstraat. Hierdie is ‘n geleentheid waar die behoeftige mense, dié wat nie het nie, verniet kan kom ‘koop’.

Christiaan Gouws, van Taberna Dei sê: “Ons wil elke persoon wat opdaag help met ‘n stel klere, ‘n warm kombers vir die winter, ‘n sakkie met toiletware, sowel as iets om te eet en drink. Maar ons het die gemeenskap se hulp nodig. Julle ou of ongebruikte klere wat nog in ‘n goeie toestand is, is welkom. Kledingstukke soos hemde, broeke, rokke, kouse, baadjies, en selfs skoene is welkom.”

Om vir soveel mense as moontlik te help met onderklere en toiletware word finansiële donasies aangevra, merk donasies as ‘Street Store’. “Dis ‘n groot taak, maar dit kan ‘n verskil maak wat nie gemeet kan word nie. Om ons te help vra ons dat die klere wat gebring word, skoon en heel sal wees, verkieslik op ‘n hanger en met ‘n kaartjie of plakker gemerk wat die grootte van die kledingstuk aandui.” Klere kan op Sondae of tydens die week by die kerkkantoor afgelaai word tot en met Maandag, 11 Maart.

Vir meer inligting, kontak Christiaan by 082 941 6405.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version