NewsSchools

Tommies rugbyspelers oppad na Los Angeles

Hulle is gekies om die Limpopo Vikingsspan by die Annual World Youth 7's Rugby Festival te verteenwoordig.

POLOKWANE – Henry Marx en Zencoe Woller is oppad Los Angeles toe vir rugby. Hulle is gekies om die Limpopo Vikingsspan by die Annual World Youth 7’s Rugby Festival te verteenwoordig.

Henry het reeds op ‘n jong ouderdom aan sy droom om rugby te speel voorberei. Zencoe het egter eers in gr.8 begin rugby speel. Die twee sal deur nog ‘n vriend, JP Venter, na die toernooi vergesel word. Die toernooi vind vanaf 24 Junie tot 3 Julie plaas. Elke speler moet ‘n minimum van R47 500 insamel. Die bedrag sluit nie hul sakgeld in nie. Hulle moes ook reeds R10 000 as deposito neersit.

“Ons ouers is besig om ‘n buitelug-fliek te reël en ons verkoop ook vetkoeke en fudge om geld in te samel,” vertel Zencoe. Zencoe het eers in gr.10 ‘n Tommie geword en vertel dat hy rugby vreeslik geniet. “Die lekkerste deel is om saam met ‘n span te speel en die ekstra adrenalien wat in jou are vloei wanneer die skare jou aanmoedig. Die wen gevoel as ‘n span is ook lekker”. Henry stem saam en sê om saam met vriende te speel, dit alles die moeite werd maak.
Beide stem ook saam as die span nie saam werk nie, dit dinge moeilik kan maak.

“Die druk waaronder ons speel is groot en dit is sleg wanneer die span onder mekaar baklei en nie wil saamwerk nie.”


Henry vertel hy het verlede jaar in die Bokkie sewes vir Verre-Noord toernooi, asook die 15-man Verre-Noord toernooi deelgeneem. “Ek het ‘n beurs om na skool by die Junior Haaie aan te sluit. Om sewesrugby te speel is lekkerder, want jy het meer spasie, opponente is ook nie altyd so vinnig op jou nie, so jy kan jou tyd gebruik om beter besluite te neem.”
Zencoe stem saam maar voeg by jy moet vinnig dink, vinnig ‘n drie druk, want as jy die kans mis, is dit verby.
Lees meer van JP in die Review asook hoe dit gebeur het dat dié seuns gekies is.
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button