NewsSchools

Bees Roux kuier saam met die rugby seuns

Bees Roux, 'n bekende en voormalige Blou Bul-rugbyspeler het vandeesweek by Hoërskool Pietersburg kom kuier.

POLOKWANE – Hy het onder meer oor die pad na sukses gesels asook vir die rugbyseuns, skrum- en lynstaan tegnieke gewys.

Daar was gefokus op die hoogte wat voorryspelers in die skrum pak, sowel as die korrekte manier om iemand in die lynstaan op te tel, om sodoende die balbesit te wen. “Dis belangrik dat ons as gevestigde spelers ons kennis met die nuwe generasie seuns deel. Hulle moet die spel vorentoe vat met die kennis wat ons opgebou het,” vertel Bees.

Rugbyafrigter van PHS, Jacques Swanepoel het aan Review vertel hoe belangrik dit is om spelers soos Bees in kontak met jonger seuns te bring. “Hulle moet sien hoe die spelers gebou is. Sodoende kan die spelers besef watter harde werk hulle in die gimnasium, sowel as op die veld moet insit ,” vertel hy.
riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button