NewsSchools

Swem Tommie, swem

Aan die einde van verlede jaar, toe die beheerliggaam van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé besluit het om die swembad by die skool op te knap, het hulle nie besef hoeveel werk daar wag nie.

POLOKWANE – Om iemand in die diepkant in te gooi kan twee dinge beteken. Óf jy sit hom in ‘n moeilike situasie waaruit hy moet kom, óf jy gooi hom letterlik in die diepkant van die swembad in.

Aan die einde van verlede jaar, toe die beheerliggaam van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé besluit het om die swembad by die skool op te knap, het hulle nie besef hoeveel werk daar wag nie.

Skoolhoof, Piet Holtzhausen vertel dat die swembad vir meer as 18 jaar leeggestaan het.

“Ons het op ‘n stadium visgevang in die swembad,” vertel hy laggend.

“Die swembad is 25 m lank en daar is 10 bane. Die werk het einde Oktober, begin November begin en verlede Sondag, het ons begin om water in hom te tap.

https://www.facebook.com/HTSTOMNAUDE/videos/2293719950897818/

Ons gaan wedenskappe aan oor wanneer die swembad vol sal wees. Wanneer alles klaar is, al die klein dingetjies ook, gaan ons ‘n groot opening hou.”

Hy vertel dat behalwe vir die swembad, is hulle ook besig om ander areas van die skoolgrond op te gradeer.

“Ons is ook besig om die koshuise, sportgronde en elektroniese toerusting in die klasse op te gradeer.”

Holtzhausen vertel dat die swembad op tenderbasis uitverhuur sal word. “Ons gaan dit self ook gebruik. Voordat ons begin het met die opgradering, het ons ‘n opname by die skool gemaak oor hoeveel leerders belang sou stel om aktief die swembad te gebruik. Daar was 80 leerders wat belang gestel het. Ons gaan die swembad ook gebruik vir rehabilitasie vir sportbeserings.”
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button