Local NewsNews

Botsing eis 3 PLS-leerders

Die leerders was almal in die grondslagfase by PLS

POLOKWANE – Pietersburg Laerskool se Operasionele Hoof, Jacques Bartlett, het aan Review bevestig dat drie leerders van dié skool vroeg vanoggend in ‘n motorbotsing tussen Hammanskraal en Pretoria gesterf het.

Die botsing, waarin ‘n motor en ‘n swaarvoertuig betrokke was, het die lewens van altesaam vyf persone geëis, waaronder ook die kinders se ma.

Die leerders was almal in die grondslagfase by PLS.

Review se innige simpatie gaan aan die PLS-gemeenskap, familie en vriende.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button