NewsSchools

Wenners in inkleurkompetisie aangewys

Die wenners van ‘n inkleurkompetisie wat onlangs deur Xpress Networks by Laerskool Pietersburg-Oos geloods is, is verlede week aangewys. Leerders het ‘n boekie met speletjies en inkleurprente ontvang en die mooistes is deur beoordelaars gesif om uiteindelik ‘n wenner te bepaal. Twee onderwy­sers se klasse is ook met ‘n kontantprys bederf. Liandrie Bester en Suné …

Die wenners van ‘n inkleurkompetisie wat onlangs deur Xpress Networks by Laerskool Pietersburg-Oos geloods is, is verlede week aangewys.
Leerders het ‘n boekie met speletjies en inkleurprente ontvang en die mooistes is deur beoordelaars gesif om uiteindelik ‘n wenner te bepaal.
Twee onderwy­sers se klasse is ook met ‘n kontantprys bederf. Liandrie Bester en Suné Jacobs se klasse het elk R2 000 gewen terwyl Leané Pretorius, graad 2, drie maande se gratis internet met installasie losgeslaan het. Graad 3-leerder, Schalk van der Merwe wen ‘n junior Bubblegum tablet­stel met Sanchia de Jager wat die gelukkige eienaar van ‘n nuwe stel oorfone en ‘n tabletrekenaar is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button