NewsSchools

Ma- en dogtertee kos vir die siel

Verstaan mekaar en die wil om nooit op te hou droom nie is twee van die onderwerpe wat Saterdag deur bekende Afrikaanse akteur, Leandie du Randt Bosch en oud-Pietie Adel Cato tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se netbal ma- en dogtertee bespreek is. Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig is die funksie gereël deur en …

Verstaan mekaar en die wil om nooit op te hou droom nie is twee van die onderwerpe wat Saterdag deur bekende Afrikaanse akteur, Leandie du Randt Bosch en oud-Pietie Adel Cato tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se netbal ma- en dogtertee bespreek is.
Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig is die funksie gereël deur en ten bate van die skool se netbalspanne. “Alhoewel die doel was om geld vir die netbalspanne in te samel, was die kos vir die siel baie meer werd as die geld wat ingesamel is,” sê Craig.
Du Randt Bosch, ook ‘n psigometris, se tema #verstaanmekaar het gehandel oor die verskillende persoonlikhede van mense, maar hoe almal tog ‘n manier vind om mekaar te verstaan.
Cato, wat verlede jaar in Pretoria deur ‘n motor raakgery is en etlike maande in ‘n Gautengse hospitaal deurgebring het, het met gaste gedeel hoe haar lewe in ‘n oogwink verander het.
Die eens fikse en passievolle netbalspeler ontvang steeds terapeutiese behandeling na die ongeluk. Haar boodskap aan gaste was om nooit op te hou droom nie en elke dag voluit en met dankbaarheid te leef.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button