Local NewsNews

Help Lanica om diere te help

Dié van ons wat lief is vir diere, kan beslis saamstem dat hulle ‘n seëning is.

POLOKWANE –  Lanica Brand (6) is ‘n leerder by Laerskool Pietersburg-Oos, het besluit om kos in te samel vir die diere by die Diere Beskermings Vereniging (DBV). “Ek hou baie van diere, veral as mens hulle kan vryf en met hulle kan speel.”

Lanica se ma, Liandi, vertel dat sy deel is van die Heart Drive Project, ‘n nie-winsgewende organisasie wat minderbevoorregte mense in Polokwane help met kos en klere.

“Uit die Heart Drive Project is Heart Drive Juniors op die been gebring, waar kinders deel word van die span wat bydra tot die gemeenskap. Hulle het elkeen ‘n ander projek. Lanica is betrokke by die diere, terwyl van die ander kinders pakkies opmaak om aan die hospitale te skenk.”

Items wat Lanica graag wil insamel is donkiekos, hondekos, leibande, halsbande, katkos en katsand, dieresjampoo en vlooibehandeling, handdoeke, komberse, speelgoed en lekkernye en ook skoonmaakmiddels vir die diere se hokke.

“Ons beoog om die projek te hardloop tot einde Junie. Dit leer die kinders baie selfvertroue en ook leierseienskappe.”

Punte waar die items afgegee kan word:

• Woofels Doggy Palour and Petshop.

• Hound Dog Pet Grooming and Accessories.

• Doggy’s Own Grooming/Sterkloop Tackle and Petshop.

• Liefdadigheidsmark (30 Maart, 14:00 tot 18:00 by die N.G. Kerk Moedergemeente.)

Lanica vertel dat sy net 100 sakke kos wil insamel, maar Liandi hoop dat dit heelwat meer sal wees.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button