Kiewiete wys talent tydens kleuteratletiek

Curro Heuwelkruin se kleuterskool, Kiewiete het Saterdag hul jaarlikse kleuteratletiek gehou en dié byeenkoms het weer eens vir groot opwinding onder die jong klomp wat van twee tot ses jaar gewissel het, gesorg. Vir sommige was die opwin­ding te veel en moes mamma of pappa by die wenstreep gereed staan om die trane op te …

Curro Heuwelkruin se kleuterskool, Kiewiete het Saterdag hul jaarlikse kleuteratletiek gehou en dié byeenkoms het weer eens vir groot opwinding onder die jong klomp wat van twee tot ses jaar gewissel het, gesorg.
Vir sommige was die opwin­ding te veel en moes mamma of pappa by die wenstreep gereed staan om die trane op te droog terwyl ander voluit aan elke item deelgeneem het en sommer vroeg talent begin toon het.
Kleuters het aan naellope, hekkies, skopfietsry, gewigstoot, spiesgooi, verspring, hoogspring en langafstande deelgeneem.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Bokang Maupa gee alles tot by die wenstreep.
Nduvho Dzivhani bly op die wenstreep gefokus.
Alcha Jacobs geniet die naellope.
Exit mobile version