Local NewsNews

Sjokolade met iets uniek

Die geld wat Natalie Jansen van Vuuren kry, word gebruik vir haar kinders se skooltoere en die feit dat sy dit van die huis af kan verkoop, help dat sy meer tyd saam met haar kinders kan spandeer.

POLOKWANE – Met ‘n skaam glimlag stop die rooikop seuntjie die sjokolade hartjie in die blondekop dogtertjie se hand en hardloop weg. Dit is Valentynsdag en leerders reg oor die land deel sjokolade, rose en kaartjies uit. Vir sommiges, soos dié seuntjie, is dit ‘n groot stap wat baie waagmoed kort, terwyl dit vir ander makliker kom.

Wat sy sjokolade hartjie anders maak, is dat hy dit nie sommer by enige winkel gekoop het nie. Hy het dit by Tannie Natalie Jansen van Vuuren gekoop.

Lees ook: PHS-leerders praat oor rooi rose, sjokolade en liefdes verklaringe

Natalie vertel dat sy jare gelede ‘n winkel in Johannesburg gehad het, waar sy sjokolade verkoop het. Dit is hier waar sy en haar man, Franna, mekaar ook ontmoet het. Sy het onlangs besluit om weer dié sjokoladebesigheid van die grond af te kry en maak tans sjokolade vir Valentynsdag.

“Na Valentynsdag, begin ek met Paasfees. Ek maak ook sjokolade vir troues, Moerdersdag en Vadersdag en enige ander geleentheid.”
Natalie het haar eie stempel afgedruk op fudge, deur dit te geur. “Met geur soos Cape Velvet en Sambukage. Die sjokolade fudge wat ek verkoop is ook my eie resep.”

Natalie is kreatief en hou daarvan om te eksperimenteer. Sy was in Duitsland vir ‘n sjokolade skou en ook vir ‘n kursus.

“Ek voeg ‘n spesiale bestandeel by om seker te maak my sjokolade is nie kliphard, sodat jy jou tande breek nie.”

Die geld wat Natalie kry, word gebruik vir haar kinders se skooltoere en die feit dat sy dit van die huis af kan verkoop, help dat sy meer tyd saam met haar kinders kan spandeer.

“Sjokolade is my passie, ek is regtig lief vir wat ek doen.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button