Oosskool betuig medelye met Hoërskool Driehoek

Leerders en personeel van Laerskool Pietersburg-Oos het Dinsdag gedurende pouse ‘n oomblik van stilte gehandhaaf in medelye met die gemeenskap van Hoërskool Driehoek waar vier leerders gesterf het nadat ‘n betonbrug verlede Vrydag by die skool op hulle ineengestort het. Skoolhoof, Gideon Pelzer het daarna ‘n gebedsessie gelei. “Ons dink aan die families en geliefdes …

Leerders en personeel van Laerskool Pietersburg-Oos het Dinsdag gedurende pouse ‘n oomblik van stilte gehandhaaf in medelye met die gemeenskap van Hoërskool Driehoek waar vier leerders gesterf het nadat ‘n betonbrug verlede Vrydag by die skool op hulle ineengestort het.
Skoolhoof, Gideon Pelzer het daarna ‘n gebedsessie gelei.
“Ons dink aan die families en geliefdes wat deur die tragedie geraak is en is so jammer oor wat met hulle gebeur het. Ons wens hulle sterkte toe in hierdie moeilike tyd en mag die leerders se siele in vrede rus,” het Pelzer gesê.

Storie & foto: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com

Exit mobile version