NewsSchools

Trou vir die voëls? Of hóé…

Review het by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se gr. 3's gaan gesels oor wanneer hulle dink die tyd vir trou reg is.

POLOKWANE- Party mense reken trou is vir die voëls en vir ander is ‘n bruilof ‘n rede om behoorlik partytjie te hou. Die vraag oor wanneer die tyd reg is om te trou se antwoord hang van persoon tot persoon en paartjie tot paartjie af.

Review het by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se gr. 3’s gaan gesels oor wanneer hulle dink die tyd vir trou reg is.

Taylor Kotze: ‘n Mens kan trou as jy 26 is, want voor dit is jy nog nie oud genoeg nie.
Miane Coetzer: As jy 24 is kan jy trou. Anders is jy te jonk.
Yoné Jonker: Ek dink ‘n mens moet trou wanneer jy 31 is anders is jy te jonk. ‘n Mens moet ook eerder voor die tyd kêrel en meisie wees.
Damian Sibling: Mense trou gewoontlik as hulle verlief is op mekaar en as hulle van kleins af vriende is.
Saozinia Benade: Mense moet net elke vierde jaar trou.
Marizelle le Grange: Mense trou wanneer hulle vir mekaar lief is.
Rijandre de Bruin: Mens moet trou as jy 21 is. Voor dit is jy te jonk.
Sadie Jacobs: Mense kan trou wanneer hulle groot is anders is hulle te klein om te trou.
Tiaan Erasmus: ‘n Mens moet trou wanneer jy 20 is, want dan is jy oud genoeg.
Gerhard Swan: Ek dink 23 jaar is ‘n goeie ouderdom.
Kate-Lynn Markos: Mense trou as hulle baie lief is vir mekaar en by mekaar wil wees.
Raymond Verster: As ‘n man en ‘n vrou verlief is op mekaar kan hulle trou.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button