Local NewsNews

BREAKING NEWS – Munisipale raadslid se huis in brand in puin gelê

Demokratiese Alliansie (DA)-wyksraadslid in Polokwane Munisipaliteit, Androë Botha is dankbaar dat niemand beseer is nie toe die huis waarin sy op die Roodepoort landbouhoewes gewoon het, vanoggend (Maandag) om ongeveer 01: 26 deur ‘n brand in puin gelê is. Volgens Botha is die hele struktuur onherstelbaar beskadig en die totale inhoud, wat waardevolle meubelstukke en …

Demokratiese Alliansie (DA)-wyksraadslid in Polokwane Munisipaliteit, Androë Botha is dankbaar dat niemand beseer is nie toe die huis waarin sy op die Roodepoort landbouhoewes gewoon het, vanoggend (Maandag) om ongeveer 01: 26 deur ‘n brand in puin gelê is.
Volgens Botha is die hele struktuur onherstelbaar beskadig en die totale inhoud, wat waardevolle meubelstukke en skilderye en familie-erfstukke ingesluit het, verwoes. Botha en haar kinders was nie ten tye van die voorval tuis nie en sy het op die plaaslike gemeenskapsgeselsgroep van die brand verneem. “Ek het dadelik van Tzaneen na die huis gery, maar niks kon gered word nie. Die stad se brandweer was ook met drie voertuie op die toneel, maar die gebou het reeds ineengestort. Ek is bekommerd oor my drie katte wat moontlik vir die vuur gevlug het,” sê Botha.
Botha wou haar nie uitlaat oor ‘n moontlike oorsaak van die brand nie, maar het wel gesê dat sy Vrydag in ‘n argument met ‘n raadslid van een van die ander opposisiepartye in die stadsraad betrokke was.
Botha het bevestig dat die polisie die saak ondersoek.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com
Foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button