CrimeNews

Hansen se beeste loop wéér deur, skade reeds R100 000

[FOTO’S NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE] Oud-skoolhoof van Hoërskool Piet Potgieter, Jas Hansen, is moedeloos nadat hy weer deurgeloop het onder veediewe op sy plaas net buite Mokopane.

MOKOPANE – Presies vyf maande gelede het Bosveld berig oor die vorige slagting en diefstal van Hansen se beeste.

Hansen het verlede Vrydag aan Bosveld vertel dat hy net na 07:00 die oggend op die grutoneel op sy plaas afgekom het. “Ek weet nie meer hoeveel keer ek nog so toneel moet aanskou nie.

“Kyk wat het hulle gedoen,. Twee van my Nguni beeste is opgekap,” het Hansen woedend gesê.

Die grutoneel waarop Jas Hansen op sy plaas afgekom het.

“Hulle het ‘n kraal van doringtakke gemaak en die beeste daarin vasgekeer. Hulle het die beeste se hakskene afgekap sodat die beeste gaan lê en hulle lewendig geslag en net die vel en ingewande gelos.”

https://www.citizen.co.za/review-online/273616/rampokkers-vermink-beeste-op-oud-skoolhoof-se-plaas/

Hansen sê dit is nou al die vierde keer wat hy deurloop en sy skade beloop al by die R100 000.

“Dit is vir my elke keer ‘n hardeslag om op so ‘n wrede toneel af te kom. As ‘n boer sal ek dit nooit gewoond raak nie. Om te boer was my droom wat waar geword het met my aftrede uit die onderwys en nooit het ek gedink sal ek sulke wreedheid sou ervaar nie.”

Die Woordvoerder van Mokopane SAPD, Irene Masingi, het bevestig ‘n saak van veediefstal is geopen.

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button