Local NewsNews

Teresa deel haar groot K vrese en wenke

Wanneer 'n mens met kanker gediagnoseer word, is daar 'n miljoen gedagtes wat deur jou kop gaan.

POLOKWANE – Daar is verskillende opsies van behandeling en alhoewel jou dokter dit met jou bespreek, kan dinge oorweldigend raak.

Teresa Pretorius, wat in Januarie 2018 met borskanker gediagnoseer en deel ‘n paar wenke om te onthou voor jy met behandeling begin, asook watter newe effekte ‘n mens kan verwag.

Lees haar storie in dié week se Polokwane Review.

Wenke:

• Rus voor die tyd. “Bestraling maak jou gedaan. Ek het vir 30 dae elke dag bestraling ontvang, vir 20 minute. Daarna was ek uitgeput.”

• Drink baie water.

• Vat ‘n kombers saam. “Na die behandeling kry jy koud.”

• Trek gemaklik aan. “‘n Chemo-sessie is drie ure lank.”

• Neem iets saam om jou mee besig te hou. “‘n Boek, breiwerk of selfs ‘n blokkiesraaisel is ideaal.”

Newe effekte:

• Naarheid, maar jy kan nie opbring nie.

• Moegheid.

• Lusteloosheid.

• Chemo-brein.”Ek vergeet baie en sukkel met konsentrasie. Ek sukkel soms om die woorde wat ek wil gebruik te onthou.”

• “Ek sukkel met my ledemate, veral my bene. Ek kan nie lank sit of staan nie.”

• Party mense het geen eetlus nie, waar ander weer baie eet.

“Die ergste is vrees. Die vrees maak jou dood. ‘n Mens wonder elke dag of die kanker nie versprei het nie. As jy ‘n knoppie sien, wonder jy.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button