Lim Blouster firmas smelt saam, nou bekend as Dynamis Blouster

‘n Verskeidenheid Blouster-firmas in Limpopo het onlangs besluit om saam te smelt en sal van Februarie af as Dynamis Blouster bekendstaan. In ‘n persverklaring van die firmas word aangekondig dat die verskillende Blousterre besluit het om saam te smelt en voortaan as Dynamis Blouster bekend te staan. “Die rede vir die samesmelting is gedryf deur …

‘n Verskeidenheid Blouster-firmas in Limpopo het onlangs besluit om saam te smelt en sal van Februarie af as Dynamis Blouster bekendstaan.
In ‘n persverklaring van die firmas word aangekondig dat die verskillende Blousterre besluit het om saam te smelt en voortaan as Dynamis Blouster bekend te staan.
“Die rede vir die samesmelting is gedryf deur die mark, tegnologie en die behoefte om ‘n groter verspreiding in Limpopo en Gauteng teweeg te bring sodat kliënte meer rustigheid kan kry oor afsterwe van adviseurs, die verlaat van die versekeringsbedryf deur adviseurs ensovoorts,” luidens die verklaring.
Die kantore wat saamsmelt sluit in Fraser Blouster in Polokwane, Variafin Blouster in Mokopane, Pretoria en Louis Trichardt en Timios Blouster in Lichtenburg en Midrand.
Dynamis Blouster beskik tans oor 23 adviseurs, wat insluit senior- en junior adviseurs, beleggingspesialiste, werknemersvoordele-adviseurs en regskonsultante en kortter­mynadviseurs wat spesialiseer in persoon­like-lyne, besigheidspolisse en landbou polisse.
Aangesien die Griekse betekenis van Dynamis, ‘Die wil om te oorwin’, is, is die direkteure van mening dat dit absoluut van toepassing is op die nuwe besigheid.
“Ons is daar om u behulpsaam te wees en by te staan so ver as wat dit binne ons vermoë is. Absoluut niks verander ten aansien van dienste teenoor kliënte of die adviseurs nie, alles verloop soos wat dit tans is, dit is slegs ‘n naamsverandering wat plaasgevind het, en kliënte word aangemoedig om gemoedsrus en vertroue te behou,” luidens die verklaring.
Sanlam Lewens en Santam koester die professionele verhouding met Fraser Varia Blouster as ‘n prioriteit en wil sorg dat hierdie professionele verhouding sonder enige onderbreking voortgaan.
Dus gaan Sanlam Lewens en Santam die nodige stappe neem om besigheid vanaf Fraser Varia Blouster na Dynamis Blouster oor te dra, wie steeds onder die Sanlam Lewens-lisensie gaan handel.
Dynamis Blouster sal voortaan takke in Louis Trichardt, Mokopane, Polokwane, Pretoria en Tzaneen hê wat kliënte van alle dienste sal voorsien.
Die direkteure is Willem de Kock, Wally Fraser, Walter Fraser, Lourens Greyling, Corrie Pieterse, Sampie Pretorius en
Johann Winnertz.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Exit mobile version