NewsSchools
Groot opwinding by Kruinies se jaarlikse Mosaiek
‘n Eienaardige ding het Vrydagaand met Gurtie, Susara en Magriet tydens Curro Heuwelkruin se jaarlikse buitelugvertoning, Mosaiek gebeur. Hul televisie het hulle ingesluk net voordat hulle na Kruinies se graad 8-konsert moes vertrek. Om hul pad terug huis toe te vind moes hulle eers deur verskillende kanale beweeg en onder andere by programme soos Boer …
‘n Eienaardige ding het Vrydagaand met Gurtie, Susara en Magriet tydens Curro Heuwelkruin se jaarlikse buitelugvertoning, Mosaiek gebeur.
Hul televisie het hulle ingesluk net voordat hulle na Kruinies se graad 8-konsert moes vertrek. Om hul pad terug huis toe te vind moes hulle eers deur verskillende kanale beweeg en onder andere by programme soos Boer soek ‘n vrou en The Voice aandoen. Hulle het selfs vir Sneeuwitjie en die sewe dwergies ontmoet voordat hulle weer tuis was.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com