NewsSchools

Groentjies ingelyf tydens Tommies se oriënteringsprogram

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se oriënteringsprogram vir graad 8-leerders sorg jaarliks vir groot opwinding onder die groentjies wanneer hulle na byna ‘n week onder mentorskap van die leerderraad as volwaardige Tommies ingelyf word. Die program bestaan uit sessies waar leerders onder andere die skoollied geleer word, die geskiedenis van die skool onder die knie …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se oriënteringsprogram vir graad 8-leerders sorg jaarliks vir groot opwinding onder die groentjies wanneer hulle na byna ‘n week onder mentorskap van die leerderraad as volwaardige Tommies ingelyf word.
Die program bestaan uit sessies waar leerders onder andere die skoollied geleer word, die geskiedenis van die skool onder die knie kry en by Tom Naudé se graf in die Polokwane Natuurreservaat deur skoolhoof, Piet Holtzhausen, as Tommies ingelyf word.
‘n Onvergeetlike ervaring was die modderbad waar die groentjies as Tommies gedoop word voordat die program gedurende die naweek met ‘n braai vir die graad 8-ouers afgesluit is.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n Graad 8-leerder kruip deur die moddergat terwyl sy medeleerders hul beurt afwag.
Die groentjies rol deur ‘n mengsel van vis en eiers.

Related Articles

Back to top button