NewsSchools

Graad 10 beste tydens PHS-gradesport

Atlete het hard probeer om as wenners van die dag gekroon te word, maar dit was Hoërskool Pietersburg se graad 10-groep wat tydens verlede week se gradesport met die louere weggestap het. Die graad 8-leerders was tweede gevolg deur graad 11 in die derde plek. Aan die einde van die dag is Marcelle de Villiers …

Atlete het hard probeer om as wenners van die dag gekroon te word, maar dit was Hoërskool Pietersburg se graad 10-groep wat tydens verlede week se gradesport met die louere weggestap het.
Die graad 8-leerders was tweede gevolg deur graad 11 in die derde plek.
Aan die einde van die dag is Marcelle de Villiers en Rinelda van der Linde as senior Victor en Victrix Ludorum aangewys terwyl Theuns Jooste en Zoë Dunster met dieselfde titels in die junior-afdeling gekroon is.
Die Ysterman en -vrou is ook deel van die gradesport waar agt o.19-seuns en meisies aan agt items deelneem om die beste onder hulle te bepaal. Brandon Cronjé en Alida du Preez het bo die ander uitgestyg.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Riekert Erasmus, o.17, sit al sy krag agter die gewigstootbal.
Aicha Mengouchi, o.15, in aksie tydens die diskus.
Graad 12-dirigente, Juané Viljoen en Jean-Jacques Joubert, tydens ‘n sangitem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button