Dertien rekords spat by Osies se Voëltjiesport

Laerskool Pietersburg-Oos se atlete het tydens verlede Dinsdag se Voëltjiesport geen geheim daarvan gemaak dat hulle slaggereed vir vanjaar se atletiekseisoen is nie. Dertien rekords is tydens dié interne byeenkoms verbeter. Die sportdag word jaarliks gehou ter voorbereiding van die atletiekseisoen vir afrigters om talent te identifiseer en verder met atlete te werk in die …

Laerskool Pietersburg-Oos se atlete het tydens verlede Dinsdag se Voëltjiesport geen geheim daarvan gemaak dat hulle slaggereed vir vanjaar se atletiekseisoen is nie.
Dertien rekords is tydens dié interne byeenkoms verbeter. Die sportdag word jaarliks gehou ter voorbereiding van die atletiekseisoen vir afrigters om talent te identifiseer en verder met atlete te werk in die hoop op goeie resultate teen kompeterende skole.
Rekords
Gewigstoot
Marné Schoeman, o.11, 8,02 m
Janco Mostert, o.10, 8,32 m
Luan van den Berg, o.12, 11,05 m
Damian Groenewald, o.13, 10,80 m
Spiesgooi
Christo Reyneke, o.12, 25,72 m
Diskus
Jahkuska Zanna, o.12, 19,08 m
Malinda Swart, o.13, 26,15 m
Andru van Zyl, o.12, 33,84 m
Damian Groenewald , o.13, 28,11 m
Hoogspring
Kayleen Terblanche, o.10, 1,09 m
Ashley Moreira, o.13, 1.35 m
Ruan Potgieter, o.12, 1,35 m
Verspring
Damian Groenewald, o.13, 4,72 m

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die o.10-atleet, Xander Deyzel, trek deur die lug met verspring.
Zelmi Schoeman, o.7, kom eerste in die 80 m.
Izabella Jardim, o.12, gee alles tydens die gewigstoot.
Dylan Potgieter, o.13, in aanloop tydens spiesgooi.
Exit mobile version