Bosbokke seëvier, rekords spat by Tommies se bokkesport

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se jaarlikse bokkesport is verlede Vrydag weer eens suksesvol aangebied met die Bosbokke wat as wenners van die dag gekroon is en ses nuwe rekords wat in die geskiedenisboeke van die skool opgeskryf kan word. Tshifura Mokethwa, o.15, het in die 100 m en 200 m nuwe rekords van 11,23 …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se jaarlikse bokkesport is verlede Vrydag weer eens suksesvol aangebied met die Bosbokke wat as wenners van die dag gekroon is en ses nuwe rekords wat in die geskiedenisboeke van die skool opgeskryf kan word.
Tshifura Mokethwa, o.15, het in die 100 m en 200 m nuwe rekords van 11,23 sekondes en 23,00 sekondes onderskeidelik aangeteken terwyl Sunet Viljoen, ook o.15, in hoogspring ‘n nuwe rekord van 1,45 m opgestel het.
Verder het Maggie Makwela se afstand van 11,32 m in gewigstoot vir o.16-meisies vir haar ‘n eerste plek sowel as ‘n nuwe rekord verseker. Die o.16-hoogspringatleet, Moloko Mokgawa, hou op 1,48 m die rekord vir o.16-meisies terwyl Claudio da Costa trots sy naam en ‘n afstand van 47,9 m in die rekordskolom vir o.19-spiesgooiseuns kon inskryf. Die Bosbokke is met ‘n telling van 645 as algehele wenners aangewys terwyl die Rooibokke met 522 punte die tweede plek beklee en die Springbokke met 326 punte met die derde plek tevrede moes wees.
Die bokkesport word jaarliks aangebied sodat afrigters vroeg in die jaar belowende talent kan identifiseer en atlete vroegtydig vir die atletiekseisoen gebrei kan word.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Stefan Erasmus, o.15, laat hoogspring maklik lyk.
Thaba Ofentse, o.15, kom eerste in die 100 m.
Cindy Khoaki, o.19, sit al haar krag agter die gewigstootbal.
Tshifura Mukethwa verbeter die rekords in 100 m en 200 m.
Exit mobile version