Local NewsNews

Wind rig geringe skade in stad aan

Windvlae wat met ligte reënbuie gepaard gegaan het, het die vorige week verligting gebring, maar tog geringe skade aan ouer bome in die stad veroorsaak. ‘n Peperboom wat al sedert die vestiging van die stad se jukskeibane in Peninapark skadu aan spelers en toeskouers verskaf het, is verlede Sondagaand ontwortel toe ‘n windstorm die stad …

Windvlae wat met ligte reënbuie gepaard gegaan het, het die vorige week verligting gebring, maar tog geringe skade aan ouer bome in die stad veroorsaak.
‘n Peperboom wat al sedert die vestiging van die stad se jukskeibane in Peninapark skadu aan spelers en toeskouers verskaf het, is verlede Sondagaand ontwortel toe ‘n windstorm die stad getref het.
Volgens bestuurslid van die Pietersburg Jukskeiklub, Anton Botha, was die boom meer as 20 jaar oud. “Daar is gelukkig nog ‘n ander boom oor waaronder mens skuiling teen die son kan soek,” sê Botha.
Verlede Woensdagnag is groot takke van ‘n soetdoringboom by Ons Tuiste in die stad deur ‘n windvlaag afgeruk.
Lede van die Rotariërklub van Pietersburg 100 onder leiding van Fred de Wit, het tot inwoners se redding gekom en die takke, wat ‘n uitgangsroete van die tehuis versper het, opgesaag en verwyder.
Kommunikasie en bemarkingsbestuurder van Polokwane Munisipaliteit, Matshidiso Mothapo, het op navraag bevestig dat geen ernstige skade weens die storms in die stad aangemeld is nie.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

‘n Boom by die stad se jukskeibane is ontwortel toe ‘n hewige windstorm dele van die verlede Sondagaand getref het.

Related Articles

Back to top button