Local NewsNews

Lim Landbou nie betrokke by nuwe landbou-organisasie

Limpopo Landbou (voorheen Agri Limpopo) is nie betrokke by die vorming van ‘n nuwe lede-orga­nisasie vir landbouers nie. Willem van Jaarsveld, hoof uitvoerende beampte van Landbou Limpopo sê in ‘n mediavrystelling dat berigte wat op die teendeel sinspeel, kwaadwillig is en onnodige agterdog, verwarring en onmin onder lede van Limpopo Landbou en ander rolspelers in …

Limpopo Landbou (voorheen Agri Limpopo) is nie betrokke by die vorming van ‘n nuwe lede-orga­nisasie vir landbouers nie.
Willem van Jaarsveld, hoof uitvoerende beampte van Landbou Limpopo sê in ‘n mediavrystelling dat berigte wat op die teendeel sinspeel, kwaadwillig is en onnodige agterdog, verwarring en onmin onder lede van Limpopo Landbou en ander rolspelers in landbou skep.
“Die bestuur van Limpopo Landbou stel dit duidelik dat die organisasie steeds sy mandate vanaf lede dien, en sal bly dien, met dieselfde toewyding en erns as in die verlede,” het Van Jaarsveld beklemtoon.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button