Local NewsNews

Plaaslike fotograwe kliek groot pryse los

Die Potties Fotografieklub het Novembermaand se fotowenners aangewys tydens sy maandvergadering by die Park Hotel.

MOKOPANE – Die trio beoordeelaars, Chris, Hardus en Werner Swanepoel (pa en twee seuns) van Polokwane het ‘n moeilike taak gehad om wenners te kies tydens die klub se laaste inskrywings vir die jaar. “Die fotograwe se foto’s verbeter elke maand en binnekort gaan van die fotograwe na ‘n twee ster op die Foto Vereniging van Suid-Afrika se gradering opskuif.”

Voorsitter van die klub, Marlize van der Merwe, sê sy sien uit na die klub se finale samekoms in Desember. “Die klub het baie vinnig gegroei en die kwaliteit van die fotograwe se foto’s is uitstekend. Ons gaan die jaar se wenners aanwys tydens ‘n prysuitdeling en só die jaar op ‘n hoogtepunt afsluit.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button