Mokopane in misdadigers se visier

Verskeie aanvalle en rooftogte op inwoners van Mokopane die laaste tyd bevestig die Nasionale Polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, se waarneming dat misdadigers hul bedrywighede van stedelike na landelike gebiede verskuif.

MOKOPANE – Genl.Sitole het verlede Donderdag ‘n voorlegging oor die landelike veiligheidstrategie aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gedoen, daar minstens vyf voorvalle van ernstige misdaad in verskeie platteland se dorpe. “Selfs sindikate is op die platteland bedrywig. Misdadigers besef polisiëring in die stedelike gebiede is verskerp, het Sitole gesê.
Denise Hall (46), administrateur by Zebediela Laerskool, het ‘n ontnugterende ervaring gehad op Donderdag, 15 November, toe sy vergif is deur ‘n onbekende poeier wat aan haar motor gesmeer is.
“Ek het dié oggend van die skool gekom om banksake af te handel en kort voor 11 uur in die parkeringarea van die Mokopane Mall gestop en in die sentrum ingegaan. Ek was vir sowat 10 minute besig en het weer uit gekom en ‘n krap op my voertuig gewaar. Ek het gedink dit is ‘n ander motor wat my motor gekrap het. Ek het daaroor gevee om te kyk hoe diep die krapmerk is, maar sien toe dit is ‘n poeieragtige stof en het dit op my motor se mat afgevee.
Ek moes nog ‘n pyp moersleutel vir my man oplaai en wou ook gou by ‘n ander winkel stop. Vandat ek daar weggetrek het, het my neus vreeslik begin jeuk en ek het ‘n kopseer gekry. Toe ek by die winkel inloop het ek so sleg gevoel dat ek eerder huistoe wou gaan.
Die pad huistoe was vir my lank. Ek was totaal verlam en die personeel het my man geskakel wat my na dr. Jimmy van den Berg geneem het.”
Denise sê dit gaan al beter, maar sy het tot verlede Sondag nog ‘n erge kopseer gehad en haar neus het nog aanmekaar gejeuk.
Inwoners is ook op verskeie noodgroepe gewaarsku teen verdagte persone wat inwoners by outomatiese tellermasjiene (OTM’e) van hulle kaarte beroof en dan hulle bankrekeninge leeg trek.
Robyne Keet, administrateur van die Kameeldoringpark Gemeenskapspolisiëringsforum, sê daar was ook paar gevalle van inbrake die afgelope maand by inwoners se huise of waar hulle geroof is in die sentrale besigheidsarea. “Inbrake in die area het toegeneem en soms is dit sommer twee inbrake op een aand. Baie van die rowers kom in waar honde is en daar alarmstelsels en ogies by huise is.
Dit wil voorkom of die booswigte inwoners dophou en goed vertroud raak met die omgewing. Moet ook nie jou werkers vertrou al werk hulle jare lank vir jou. Iewers kry die mense inligting vandaan.”
“Die arrogansie van die mense slaan ‘n mens ook dronk.
Soos die oom en tannie wat oor die pad geloop het by The Honeyball en ‘n voertuig amper oor die oom se voet gery het. Toe die oom vir hom skree hy ry soos ‘n skobbejak, draai die voertuig om en die bestuurder van die voertuig rand die oom en tannie sonder enige rede aan.
Moenie dat duur motors en ontwerpersklere jou flous nie, deesdae kry jy misdadigers oral”
bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version